
Marisa du Toit

Die Husse en die klein Jakkalsies 2020 uitgegee deur Murray and Me. Geskryf deur Milan Murray

Hierdie bundel kinderverhale bevat 13 stories geskryf deur bekende Afrikaanse kunstenaars. Hul bydraes wissel van kort gediggies soos YOMA se “My Ouma doen’it vir my” tot Gys de Villiers se fabel, “Mooiloop”. Arno Carstens raak spiritualiteit aan in sy storie “Gawie se Gesie” en Jana Cilliers se “Nulniks se nulle”, is vol simboliek en kinderlike verwondering. Antoinette Louw se “Die avonture van Arrie en Lollie”, vertel die verhaal van ’n dogtertjie se middernagtelike reise saam met ’n vriende

Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou is die eerste prenteboek in Murray & Me se reeks oor idiome. Skrywer Milan Murray en illustreerder Marisa du Toit trek die jong leser in d.m.v ryk taalgebruik en gedetailleerde illustrasies. Hierdie kleurvolle prenteboek is gemik op 5 tot 9 jariges en gebruik die idioom ‘hart op die mou dra’ om die jong leser te help om die brug van konkrete na abstrakte denke oor te steek. Pieter Kokkewieter dra sy hart trots aan sy buitekant.

Die tweede prenteboek in Murray & Me se idioom-reeks, “Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers”, is ’n noodsaaklike toevoeging tot enige kinder-boekrak. Die boek is weereens geskryf deur die aktrise Milan Murray en kleurvol geillustreer deur Marisa du Toit. Die boek is in rym geskryf met ’n fokus op alliterasie, assonansie en metrum. Die strofes is in tradisionele limiriek-vorm gedruk, sodat die leser maklik die ritme kan volg.

Kop in die wolke in Kromkieriefontein is die derde boek in Murray & Me se gewilde idioom-reeks – perfek vir selflees én saamlees. Hierdie reeks maak Afrikaanse idiome vir kinders lewendig deur Milan Murray se lekkerlees-stories met betowerende illustrasies deur Marisa du Toit. Die mense van Kromkieriefontein loop almal met ’n krom rug en hangskouers, geboë soos ’n kierie. Hulle hou hul oë op die grond en kyk nie juis verder as hul volgende tree nie...

Thomas is 'n avontuurlustige seuntjie. Hy hou van speel en verbeel en ontdek. Maar op 'n dag tuimel sy kleinseuntjie-wêreld inmekaar. Hy het asma, sê sy huisdokter. Wat nou van al sy drome en reise? Wat nou van sy sport en ideale? En wat nou van sy planne met Oupa se trompet..? Thomas se vrese en vrae verdwyn egter soos mis voor die son wanneer die skool se sokkerheld vir hom 'n geheim vertel... Hierdie prenteboek poog om vir jong kinders die feite en realiteite van asma te leer.

Hoot Hoot Hurry Illustrated by Marisa du Toit

“The world turned, my eyes almost popped out of their sockets, my lungs were screaming for breath, my heart was in a deadly race for the finish line and the lower part of my body was in a furnace worse than the one improvised by Nebuchadnezzar…and then…ugh!” “The head is showing…now another nice push…” Nice? NICE! You must be joking, but I obeyed and the next minute it felt as if I was floating somewhere above my bed.” “The most wonderful and blissful moment of my entire life unfolded.

Uitgegee in opdrag van Die Afrikaanse Protestantse Kerk 2020



