Hetta Elizabetta en die Wêreld op...
Die tweede prenteboek in Murray & Me se idioom-reeks, “Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers”, is ’n noodsaaklike toevoeging tot enige kinder-boekrak. Die boek is weereens geskryf deur die aktrise Milan Murray en kleurvol geillustreer deur Marisa du Toit.
Die boek is in rym geskryf met ’n fokus op alliterasie, assonansie en metrum. Die strofes is in tradisionele limiriek-vorm gedruk, sodat die leser maklik die ritme kan volg.